Suid-Afrika: wit werknemers by FNB kry swart kerskous

  • 14 jaar geleden
In die November-uitgawe van hulle nuusbrief aan die werknemers, Treetalk, skryf FNB dat indien werknemers finansieel sukkel met die eise van hoë studiekoste, daar goeie nuus is. Volgens die skrywe is FNB daartoe verbind om opleiding vir almal te verseker en as deel van die inisiatief bied hulle finansiële steun aan swart werknemers, met inbegrip van Afrikane, Indiërs, Kleurlinge en Chinese, wat minder as R100 000 per jaar verdien.
“Wittes is dus nie deel van “almal” nie. Wit werknemers wat swaarky en minder as R100 000 verdien, word eenvoudig uitgesluit suiwer op grond van hulle ras. Dit is seker die onsensitiefste Kersgeskenk wat ʼn werkgewer aan ʼn seker deel van sy werknemers kan gee. Die wit werknemers by FNB ontvang ʼn swart Kerskous wat hulle nie mag oopmaak nie, want hulle is nie swart nie,” het Dirk Hermann, adjunk-uitvoerende hoof van Solidariteit, gesê.

Aanbevolen